Tuisblad

logo_png_512

Kom bly in die hartjie van Marloth Park.

…Njala Lodge is n volle toegeruste 7 slaapkamer, 4.5 badkamerhuis in die hartjie van Marloth Park Natuurresevaat. Marloth Park is aangrensend aan die Suid-Oostelike grens van die Kruger Nasionale Park en is redelik naby aan die Krokodilbrug en Malelane hekke vir n daaglikse besoek.

Die huis is aangrensend aan parkarea en is omring deur welige plantegroei en bome. Daar kom verskillende wild en voëlspesies voor wat soms kom kuier by die huis. Die huis is verdeel in 3

gedeeltes waarvan die hoofhuis met twee sykant vleuels. Die hoofhuis beskik oor n 3 slaapkamer en 2.5 badkamer gedeelte en die twee vleuels elk het twee slaapkamers met n gemeenskaplike badkamer in die middel. Twee van die hoofhuis se kamers het dubbelbeddens en een slaapkamer n enkelbed. Die twee dubbelbedkamers het ook aansluitende badkamers.Een slaapkamer van die vleuels het n dubbelbed en die tweede kamer twee enkelbedjies.

Op die grondvlak is daar n groot oop leefarea bestaande uit sit/eetkamer/ kombuis/ spens en gaste toilet. Die boonste vlak het n groot sit/speelkamer met tafel tennis en darts.. Jy kan ook op twee stoepies uitloop vir n bietjie van n uitsig oor die bos.

Daar is ook n lekker swembad in die binnehof met n uitloop na n groot buite lapa. Voor die lapa is ook n lekker boma. Die lapa het ook n binne braai en kroegblad vir die kuiertjies as dit dalk reën.

Ons het ook voerplekke gebou en daar is n paar nagapie hokke in die bome. n Water krip laat die diere ook bietjie kom kuier. Gewilde kuiergaste is koedoes, sebras en vlakvarke.

Ons gaste gee on 5 uit 5 op Lekkerslaap!!!

Dankie

Njala Lodge